Met ’n boek soos ’n bybie teen haar bors

‘ONS IS ALMAL IN DIESE BOEK’

Met ’n boek soos ’n bybie teen haar bors

ANASTASIA DE VRIES vertel van Belinda, die vrou wat so móói vloek, na wie jy maar kan luister as sy praat oor ’n boek. Sy praat oor boeke soos sy oor mense en oor wyn praat. Eerlik, sonder fraiings en plooiings en optooisels.

TOE huil sy wragtag weer toe ek Ronelda Kamfer se Kompoun in haar hanne druk, oop by die bladsy waarop sy geskryf het: Vir Belinda. Spesiaal vir jou. Van Ronelda. Fnok, fnok, fnok, sê sy, fnok, fnok, fnok. Sy vloek van altyd af al so mooi, onse B, sê “moetie van my ghêt maakie” waar die res van ons (nee wag, moetie vi mý kykkie) somma rouweg “gat” sou sê.

Maak jy nou ghêt van my, wou sy weet toe ek die afgelope Vrydag sê Kompoun is nou haarne. Sê maar dis vir Moedersdag, sê ek toe sy al fnokkend oor die boek staan en huil. Sy’t met haar voorvinger op haar naam getiktiktik. “Sy wéét,” het sy gesê. “Fnok, sy weet van my.” En die vorige keer toe sy die boek vir my teruggebring het: “Dié boek. Dis asof sy my iets van myself teruggegee het wat ek nie eens geweet het ek verloor het nie. Jy moet dit léés.” Sy, betraand. Ek, spottend: “Maar ek moet dit lees. Ek kan tog seker nie met die skrywer oor haar boek praat as ek dit nie gelees het nie?”

Ek wil weet wat jý daarvan dink, het ek gesê toe ek haar vra om die boek saam met my te lees. Hoeveel Belinda se woord by my tel, kan ek nie verklaar nie, maar wanneer sy oor ’n boek praat, kan jy maar luister. Die weet ek al van ek haar daar op die dak sien sit het in nurse Kroukamp se jaart om die hoek van ons huis af, in die blakende son, ’n dik boek oop op haar skoot. Nurse Kroukamp was die vroedvrou wat al die bybies in die Lane gevang het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.