Die ding met die ooms, ChloraForm, boetstrêps en apartheidgeld

ALL ABOUT THE KLOKKIES

Die ding met die ooms, ChloraForm, boetstrêps en apartheidgeld

Dis dan al waaroor die mense praat, sê die student, die dinge van die ooms, die dinge wat dié een vir bruin mense doen, en wat dai ene wil doen en wat-wat. Deur ANASTASIA DE VRIES.

BANKROT. My mond het oopgeval toe sy dié woord gebruik, en weer en weer in ’n duisend-en-een betekenisse van pyn en onthutsing en noem dit dan maar woede of afbrekery of verdriet of watse-naam ook al wat jou beter sal laat voel. Bankrot. Die woord wat die afgelope soveel dae al soos ’n kedaat mannetjie voor my bly staan.

Ma dood, het Olena, die Russiese vrou by Nommer Sewe, die vorige Vrydag kom sê. Gister begrawe. Doer ver in ’n plek op die grens tussen Rusland en Oekraïne. Ek het nie woorde gehad vir die kind wat hier droë-oog treur oor haar ma nie. Sy’t met haar vuis op haar bors geslaan. Bankrot, het sy gesê. ’n Woord wat moes vertel van die gat in haar hart waar haar ma was en van die magteloosheid van ’n kind, afwesig by die uitvaart van haar moeder. Maar eintlik, het sy gesê, het sy kom vra of ek een van die “almal” is wat gekla het oor hul voertuie wat hier, daar en oral in onse kompleks geparkeer word.

Kyk, jy kan my van alles beskuldig, maar kla is nie een van hulle nie. Dié begeerte is desjare al sommer deur my ma doodgesmoor toe ek oor iemand kla en sy ewe droogweg verklaar vir kla het g’n mens ’n greintjie kreatiwiteit of ’n halwe breinsel nodig nie. Nee, al wat jy makeer, is ’n mond wat praat soos wat hy staan en daai slap ding binne-in wat klap soos hy wil. Maar daar staan dit, druk Olena die brief van bestuur in my gesig. Everybody complained. Nee kyk, sê ek vir Olena, dan is ek seker maar nobody. Here nobody no somebody, sê sy. Here no community. Bankrot, bah!..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.