Ons trane stort oor eeue totdat die kruikie vol is

’N REIS MET HUIL

Ons trane stort oor eeue totdat die kruikie vol is

Eeue lank al probeer mense om die emosionele trane van volwassenes te verstaan. Daar is grootsheid in die ween, speelsheid in lagtrane, of die empatie of vernedering van huil in die openbaar. Die navorsing wys om te huil is nie noodwendig ’n katarsis nie, en die geskiedenis wys ons uitkyk oor trane het verander. ELSABÉ BRITS het ’n huilreis onderneem.

JARE gelede, toe kookprogramme op televisie gewild geraak het, besluit ek om ook ’n slag te kyk. Gits, hier bars die sjefs in trane uit wanneer hulle disse afgekeur word, omdat daar dalk ’n enkele klont in die vla was. Hulle huil wanneer hulle wen, wanneer ’n ánder een se soufflé platval en wanneer jellie hulle aan ’n ouma laat dink.

Later tel ek: Ses mense huil in een program, sommer bo-oor die geposjeerde pere en handgerolde amandel-“whatnots”. Tot die beoordelaars is heel verdrietig.

Die volgende week is dit dieselfde storie: Minute nadat die program begin – daar huil een...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.