Koningin Elizabeth word volgende week 96. Sy is die eerste Britse monarg wat 70 jaar op die troon is en vieringe van haar platinum-jubileum gaan begin Junie 'n hoogtepunt bereik. Maar wat dan? vra ADRI KOTZÉ. Gaan die monargie die hertog van York se skandes oorleef? En gaan die toekomstige koning Charles sy kop hou?
JIMMY SAVILE het graag blink poliëster gedra. Sy gebleikte hare was 'n grasserige helm en hy was behang met goedkoop juweliersware. Die gewilde Britse televisiepersoonlikheid het verby 'n alomteenwoordige sigaar karikatuuragtige gesigte getrek vir die kamera en sy uitpeuloë wyer gerek vir effek.
Ons weet nou Savile was 'n monster, 'n pedofiel en sekspes wat sy roem en reputasie as filantroop misbruik en dekades lank omtrent die hele Brittanje om die bos gelei het. Ná sy dood in 2011 het die polisie sowat 500 klagte van teistering ondersoek. Die meeste slagoffers was onder 18.
Danksy 'n nuwe dokumentêre program op Netflix, Jimmy Savile: A British Horror Story, weet ons ook nou die BBC-aanbieder was 'n soort van nie-amptelike raadgewer vir die Britse troonopvolger, prins Charles. Savile, 'n voormalige myner en professionele stoeier, en die prins van Wallis het vir 20 jaar, tussen 1986 en 2006, gekorrespondeer. In van die briewe het die prins vir Savile om hulp gevra, soos een in Januarie 1987...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
‘SY ÍS DIE MONARGIE’
’n Britse koningshuis sonder Lizzie? Ondenkbaar!
Koningin Elizabeth word volgende week 96. Sy is die eerste Britse monarg wat 70 jaar op die troon is en vieringe van haar platinum-jubileum gaan begin Junie 'n hoogtepunt bereik. Maar wat dan? vra ADRI KOTZÉ. Gaan die monargie die hertog van York se skandes oorleef? En gaan die toekomstige koning Charles sy kop hou?
Deel
JIMMY SAVILE het graag blink poliëster gedra. Sy gebleikte hare was 'n grasserige helm en hy was behang met goedkoop juweliersware. Die gewilde Britse televisiepersoonlikheid het verby 'n alomteenwoordige sigaar karikatuuragtige gesigte getrek vir die kamera en sy uitpeuloë wyer gerek vir effek.
Ons weet nou Savile was 'n monster, 'n pedofiel en sekspes wat sy roem en reputasie as filantroop misbruik en dekades lank omtrent die hele Brittanje om die bos gelei het. Ná sy dood in 2011 het die polisie sowat 500 klagte van teistering ondersoek. Die meeste slagoffers was onder 18.
Danksy 'n nuwe dokumentêre program op Netflix, Jimmy Savile: A British Horror Story, weet ons ook nou die BBC-aanbieder was 'n soort van nie-amptelike raadgewer vir die Britse troonopvolger, prins Charles. Savile, 'n voormalige myner en professionele stoeier, en die prins van Wallis het vir 20 jaar, tussen 1986 en 2006, gekorrespondeer. In van die briewe het die prins vir Savile om hulp gevra, soos een in Januarie 1987...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Adri Kotzé
JoernalisAdri Kotzé is 'n vryskutjoernalis in Londen. Sy was tot Julie 2021 adjunkredakteur van Vrye Weekblad en het al onder meer vir die Bhekisisa Centre for Health Journalism, Carte Blanche, Rapport, Special Assignment en Beeld gewerk.