Oor mense en dinge wat soos vel kom kleef

SÓ LYK 'N VROU

Oor mense en dinge wat soos vel kom kleef

Sy skryf hulle op, sê ANASTASIA DE VRIES, omdat sy bang is hulle word saam met hulle storie in die grond ingespit. Omdat sy bang is sy vergeet.

EK skryf, sê ek vir iemand wat gevra het, oor mense en dinge wat soos vel aan my kom kleef. Omdat ek bang is hulle word saam met hulle storie in die grond ingespit. Omdat ek bang is ek vergeet. Ek skryf hulle op, soos mens die geskiedenis. Ek teken hulle aan sodat ek kan wéét.

Van ’n vrou, op ’n mooie dag, gebalde vuis in die lug, haar arm pylreguit, ’n streep wat getrek is. Genoeg! Só lyk ’n vrou wat haarself vrygemaak het. Sy’t ’n boek daaroor geskryf, oor vier dekades se hel saam met ’n man wat ewige trou en respek aan haar gesweer het. Tot die eerste houe, die eerste gifpylwoorde soos bitter spoeg in haar gesig. Veels te veel dekades lank. ’n Geheim in skaamte en skande toegedraai.

Jy sal dit nie glo nie, sê ek later vir my boekste hartsvriendin Belinda, jy sal dit net nie glo nie. Jy het haar boek (https://lapa.co.za/Skrywer/ilse-verster.html) gelees, jy weet, van haar, van die swaar en die pyn en die vernedering en die stilbly wat jou menswees bietjie vir bietjie by jou steel. Maar jy sal dit nie glo nie, sê ek, haar nou. Gee kans, sê Belinda, jy gaan haar mos opskryf. Vir Ilse, Ilse Verster. Mooi vrou, sê ek, waterpas skouers, fier, regop, trots, pure warrior woman met ’n ongelooflike sagte gesig, haar eens gebreekte lyf keurig in broek en baadjie, die fyn serp om haar hals. Haar oë. Daar’s soveel vuur en magic in haar oë, agter die pyn van onthou, die trane wat sy soms nie kon keer nie. Ek vertel hoe sy langs my kom staan het, ons het in mekaar se oë gelag toe lig sy haar vuis, styf geklem, arm pylreguit, hoog die lug in. “Ek is nog Ilse,” het sy gefluister...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.