×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Hoe sosiale media die boekwinkel gered het (met TikTok aan die ...

'N NUWE GENERASIE WAT LEES

Hoe sosiale media die boekwinkel gered het (met TikTok aan die voorpunt)

Alle aanduidings is dat e-boeke hulle piek bereik het, gedrukte boeke is weer in aanvraag en onafhanklike boekwinkels oorleef, skryf ANTON HARBER.

  • 22 Junie 2022
  • Nuus & Politiek
  • 5 min om te lees
  • Artikel 4 van 9
  • Anton Harber

DIE boekbedryf is besig om sterk terug te bons – en dis ’n nugtere les aan almal wat die effek van nuwe mediategnologie probeer voorspel.

’n Paar jaar gelede was dit duidelik waarheen boekhandel op pad was, of hoe? Ons sou weldra alles op mobiele skerms lees, wat goedkoper en meer doeltreffend sou wees. Dieselfde lot het op boekwinkels gewag as wat met musiekwinkels gebeur het. ’n Paar gesofistikeerde boeke sou in druk beskikbaar wees vir nostalgiese lesers, en dalk sou ’n paar sukkelende onafhanklike boekwinkels op die kant aan die gang bly.

Ons kinders sou oorweldig word deur megagrepe beuselagtighede op sosiale media, hoofsaaklik in video, en dit sou daartoe lei dat hulle nie meer lank genoeg kon konsentreer om die diepe plesier te waardeer van ’n verdieping in die warm en ryk wêreld van ’n fisieke boek nie. En die pandemie sou dit alles versnel, soos wat dit met tydskrifte gedoen het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.