EK sukkel nog om te verwerk hoe ons land se mense in een oogknip verander het van daggajagters tot daggaboere. In die tyd waaroor ek hier skryf, het ek nog by ’n tabloid in Kaapstad gewerk. Berigte oor misdaad was ons stapelvoedsel. Gelukkig was daar gedurig arrestasies van dagga-oortreders.
Daar was permanent ’n kat-en-muis-speletjie aan die gang tussen die daggaboere en die polisie. Voertuie vol versteekte dagga is voorgekeer. Daar is beslag gelê op gesofistikeerde tuislaboratoriums in hangkaste. Dis die sogenaamde hydroponic labs, waarvan een van my kennisse ’n trotse eienaar was.
My lewe was ook net so vol van kontradiksies. By die werk het ek berig oor die daggaboewe wat so vasgetrek word. En saans het ek van die werk gery na ’n huis wat gespog het met ’n welige daggaplantasie in die agterplaas. Sien, al het ek nie dagga gerook nie, het Vriend wel. Hy was ’n geswore dissipel van die prins van kruie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Vat jou bad en loop