Ek verlang na my spoke

OOR SPOKE EN TE VEEL LOGIKA

Ek verlang na my spoke

Het jy spoke? Ek het ’n hele klompie. Of wel, ek het hulle gehad. En nou dat hulle weg is, mis ek hulle. Ek het grootgeword met ’n ma wat in telepatie geglo het. Met ’n heldersiende oupa wat die komende jaar met numerologie sou uitwerk. Met stories oor vloeke en seëninge, skryf LINZA DE JAGER.

EK is glad nie gekant teen tegnologie nie. Inteendeel. Die huis waarin ek woon, is vol masjiene wat ek gebruik. En ek doen dit met oorgawe. Maar ek glo dat die masjiene my lewe verarm het. Hoe? Hulle het my spoke verjaag.

Dalk is ek verkeerd. Dalk het die helder kop wat ’n masjien vereis dit nie gedoen nie. Dalk is die tyd van spoke en mense wat reguit lyne hemel toe het, bloot verby.

Dalk is die tyd van seëninge en vloeke en wonderwerke en toorgoed verby. Maar kan dit wees?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.