EK het as jong kind verslaaf geraak aan skoonheid. My vroegste herinneringe is aan skoonheid. My ma s’n. Sy was blond (nadat sy haar bruin hare gebleik het). Voeg daarby ’n paar groot blou oë, wangbene en ’n sin vir humor. Dit was asof die gode gelukkig was toe sy gemaak is.
Tóg het sy altyd opgemerk dat sy haar “gesig gaan opsit” wanneer sy haar grimering gaan doen het. Dit was ’n ritueel wat elke dag in die hoofslaapkamer van die droë plaas buite Albertinia afgespeel het.
In daardie kamer het ek ’n ding oor skoonheid gekry. Die boustene van my obsessie was my ma se pêrelpienk lipstiffie, haar grysblou ooggrimering en die blink rooi boksie waarin haar maskara gekom het. Daar was ander elemente ook: ’n soet reuk, ’n sagte lyf, ’n heimwee...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.