Die antwoord, my vrind, dit wapper in die wind

WAT GAAN AAN?

Die antwoord, my vrind, dit wapper in die wind

Dikwels lê die kuns nie in die antwoord nie, maar in die juiste vraag, soos Bob Dylan besef het, skryf DEBORAH STEINMAIR.

LAAS week by ’n boekbekendstelling vertel die skrywer sy luister skaamteloos mense se gesprekke in restaurante af en maak aantekeninge. Dis goeie raad, maar ek raak so verdiep in die woorde rondom my dat ek vergeet om dit neer te skryf. Die onvergeetlike oneliners bly my darem by, soos in ’n koffieplek in Kaapstad waar ’n vrou by die volgende tafel in haar selfoon gesê het: “I’m just waiting for Happiness, then I’m coming.” Dit kan ’n hele boek word.

Die dialoog in boeke werk dikwels nie, want niemand praat só nie. Mense praat meestal nie om inligting oor te dra nie. Wat die brein van vol is, loop die mond van oor. Onbeplan, lomp, soms raaiselagtig. En dikwels onbenullig. In sirkels. Slim skrywers gebruik daardie brokke dialoog wat gewoonlik in die snippermandjie beland, om ’n storie te vertel. Want niks is niksseggend nie, as jy daaraan dink.

’n Skrywer met ’n sonderlinge oor vir die terloopse is Sigrid Nunez. In What Are You Going Through luister die verteller juis in ’n restaurant ’n gesprek tussen ’n Joodse pa en dogter af. Dit word duidelik dat hulle die ma pas begrawe het. Die dogter het iets op die hart. Sy verduidelik dat almal swaar gekry het deur die ma se lang siekbed, maar dat die pa en ma daar was vir mekaar. Dat sy ook baie opofferings gemaak het, maar dat daar niemand was om haar by te staan nie. Dat sy nou nog swaar kry en baie letsels oorgehou het. Dat haar sielkundige voel sy moet daaroor praat. Dat sy graag erkenning wil kry vir wat sy gedoen en deurgemaak het. En die pa antwoord: “I thought the service went well. What did you think of the sermon?”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.