WETENSKAPLIKES vermoed ’n ou vuurpyl wat lankal ruimterommel geword het, het die skadukant van die maan getref. Nog ’n krater in haar gesig. Dit is laat in die dag.
Toe ek en my broers klein was, het ons net gehuil oor die perde wat in cowboy-flieks sneuwel. Nou lees ek in Tom Dreyer se wonderlike nuwe manuskrip: “Diere is al van vroeg af in oorloë ingespan: as pakdiere, gidse en uitsnuffelaars, soms ook op onkonvensionele maniere. Dink maar aan Simson se vlammende jakkalse of aan die Russiese tenkhonde wat onder tenks gevoer is totdat hulle – à la Pavlov – daardie staalkolosse met kos geassosieer het. Hulle het Duitse Panzers gretig tegemoet gehardloop, met plofstof om hul lywe. Dan was daar ook die vlermuisbom waaraan die Amerikaners in dieselfde oorlog gewerk het en die stomme kalkoene wat tydens die beleg van die Santa Maria de la Cabeza-klooster in Spanje as lewende valskerms gebruik is.”
Ek sidder oor die boosheid en verdorwenheid van mense. Êrens, lei ek af, het hulle besef dis oneties om diere die slagveld in te stoot. Ek is verheug daaroor, maar wonder wanneer gaan wêreldleiers besef dis ook oneties om mense – soldate, vroue, kinders, oumense – op die altaar van grypsug te offer...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
DIS LAAT IN DIE DAG
Van tennis tot oorlog: Mag ons bly hoop dat die goeie mense sal seëvier
DEBORAH STEINMAIR besing Rafael Nadal se lof en vertel hoe sy Vladimir Putin graag in ’n vuurpyl sou wou prop en in die rigting van die maan lanseer.
Deel
WETENSKAPLIKES vermoed ’n ou vuurpyl wat lankal ruimterommel geword het, het die skadukant van die maan getref. Nog ’n krater in haar gesig. Dit is laat in die dag.
Toe ek en my broers klein was, het ons net gehuil oor die perde wat in cowboy-flieks sneuwel. Nou lees ek in Tom Dreyer se wonderlike nuwe manuskrip: “Diere is al van vroeg af in oorloë ingespan: as pakdiere, gidse en uitsnuffelaars, soms ook op onkonvensionele maniere. Dink maar aan Simson se vlammende jakkalse of aan die Russiese tenkhonde wat onder tenks gevoer is totdat hulle – à la Pavlov – daardie staalkolosse met kos geassosieer het. Hulle het Duitse Panzers gretig tegemoet gehardloop, met plofstof om hul lywe. Dan was daar ook die vlermuisbom waaraan die Amerikaners in dieselfde oorlog gewerk het en die stomme kalkoene wat tydens die beleg van die Santa Maria de la Cabeza-klooster in Spanje as lewende valskerms gebruik is.”
Ek sidder oor die boosheid en verdorwenheid van mense. Êrens, lei ek af, het hulle besef dis oneties om diere die slagveld in te stoot. Ek is verheug daaroor, maar wonder wanneer gaan wêreldleiers besef dis ook oneties om mense – soldate, vroue, kinders, oumense – op die altaar van grypsug te offer...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Liefde onder eie dak
Lees dat hoor en sien vergaan
Die Swak Seks in Boeke-prys gaan aan ...
Post-it notes van die rand van die afgrond
Dankie vir die dans, Leonard
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.