Partytjie op die kop: Die mullet kom weer

VAN RUGBY TOT PRIVAAT SKOLE EN DIE ROOI TAPYT

Partytjie op die kop: Die mullet kom weer

Net toe ons dink ons sien nie weer die grilhaarstyle van die 1970’s en 80’s nie, steek die mees gevreesde moderamp en stilistiese steen des aanstoots weer kop uit. Die mullet is terug, en die stout kind van haarstyle het selfs maniere gekry, skryf MARIAN VAN WYK.

“NEE, o vrek, ek voel nie ’n spark nie,” is my reaksie toe Vrye Weekblad se Hanlie vra dat ek skryf oor die een haarstyl wat ons almal liewer wil vergeet. “Aikôna,” sê my haarkapper in Seepunt toe ek hom pols oor die mullet. “Ek stuur daai kliënte na iemand anders toe, saam met dié wat blou hare wil hê.”

Maar daardie einste Vrydagaand stap Annette Lemmer, eienaar van ’n ongewone bossalon in Gqeberha en ewig aan die stylvoorpunt, hier in met ’n mullet. En dit lyk bitter mooi. Dit vou in sagte slierte om haar fyn 55-jarige gesig, en sy bieg dat die “stertjies” in haar nek verlengstukke is. “Regte hare, hoor, tot myne lank genoeg is,” voeg sy by.

’n Partytjie aan die voorkant, en ernstige sake aan die agterkant, is die subtitel van die 2013-boek Mullet Madness! deur Alan Henderson, en ’n raak beskrywing vir dié styl wat intussen die onderwerp van bespotting en neusoptrekkery geword het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.