Ek het ’n boek geskryf ... en voel nou kriewelrig in die kollig

LEEFWÊRELD KRY GESTALTE

Ek het ’n boek geskryf ... en voel nou kriewelrig in die kollig

Die literêre blik is nou op hom gefokus en dit voel glad nie gemaklik nie. Waarom skryf hy in elk geval? vra ISMAIL LAGARDIEN.

NÁ baie jare, meer as drie dekades, het ek ’n stadium in my loopbaan as ’n joernalis en nou rubriekskrywer, essayis en skrywer in die algemeen bereik waar ek skryf en op die sosiale agtergrond verdwyn. Dit was ook so wanneer ek toesprake vir belangrike mense geskryf het. Dit was altyd die beste om bloot op die agtergrond te bly. My tyd as ’n fotojoernalis was ’n bietjie anders, maar vir ’n lang tyd het ’n gevoel van anonimiteit dit makliker gemaak om van plek tot plek te beweeg. Ek het soos ’n voyeur as ’n “niedeelnemer” van een toneel na die volgende beweeg in die hoop dat wat ek ook al deur my lens waarneem, sou aanhou sodat ek die “shot” kon kry of die prentjie op film kon vasvang.

Binne die eerste twee weke van Maart het ek beweeg van die afgesonderde, amper anonieme skrywer – en destydse fotojoernalis – tot by ’n situasie waarin die blik op my geplaas word. Ek het ’n boek geskryf en skielik het ék ’n onderwerp geword. Joernaliste, akademici en uitsaaiers het vrae vir mý oor myself begin vra en oor wat ek geskryf het. Dis ontsettend ongemaklik. Ek het nog altyd ’n nare, byna snobistiese gewoonte gehad om nie met vreemdelinge te praat nie of hulle te ignoreer. Daar’s seker niks erger nie as om op ’n lang vlug langs iemand te sit wat daarop aandring om vir jou sy lewensverhaal te vertel ...‎

Met die publikasie van my eerste boek en die gepaardgaande aandag het ek gewonder hoekom ek eintlik skryf. Waarom skryf wanneer ek ’n ambagsman kon geword en lewenslank anoniem kon geleef het? Ek het besef ek kon nie die vraag beantwoord waarom ek skryf nie. Baie van die skrywers en denkers wat my beïnvloed het, het probeer verduidelik waarom húlle skryf...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.