My sentimentele heldeverering vir Moedertjie Rusland

WIE IS ONDIER, WIE IS MAN?

My sentimentele heldeverering vir Moedertjie Rusland

Sy blameer boeke, skrywers en rolprente vir haar liefde vir 'n land waar sy nog nooit was nie, skryf DEBORAH STEINMAIR. En sy bid vir vrede in daardie onherbergsame landskap waar die Steppewind fluit en die sneeu sny. Behoed ons almal.

EK het as klein kind vir die eerste keer met Rusland kennis gemaak, deur die boek Peter en die wolf, ’n volksverhaal wat die Russiese komponis Prokofiev oorvertel het met musiek. Ek onthou die illustrasies van sneeu. Die wit landskap het ’n herkenning in my laat roer, en ek ’n kind van sonnige Pretoria. Ons is vreemdelinge en bywoners op aarde, sê die Bybel. Vlugtelinge, nomade. Op soek na ’n stad met fondamente.

Naas Prokofiev blameer ek Heinz Konsalik vir die liefde wat ek koester vir Rusland, waar ek nog nooit was nie. Later was daar ander; Pasternak, Tolstoy, Chekov, Nabokov, Dostoyevsky, Blok, Anna Akhmatova, Mandelstam, Yevtushenko. Maar Heinz was eerste. Op laerskool het ek sy romans, in Afrikaans vertaal, onder die kombers gelees. Ons mag enigiets gelees het, maar my ma se genadelose spot het nie uitgebly nie: “Die liefde brand soos ’n warm kerrieaartappel.” Ek het gelees van dapper soldate en boerinne met groot boude en sterk drange, van liefde in die warm sand en harte koud soos die Steppewind, van geskende gesigte, bloedhuwelike, snydokters en heldinne van die volk, van die drif, drama en hartstog van Stalingrad, Moskou en Sint Petersburg.

In my kop het ’n prentjie gevorm van uiterstes: ekstatiese vreugde en die dieptes van donker wanhoop, slierte nat wind, gemoedsbekakking, onherbergsaamheid en saligheid op note. Alles bymekaar geklits en niks tussenin nie. Russe, het dit my gelyk, is soos kinders, kronies bipolêr – skaterlag die een oomblik en huil die volgende oomblik snot en trane, luidkeels...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.