Smartvrate soek maters

SPESIALE KOLWYNTJIE

Smartvrate soek maters

Ek glo dit nie meer nie, die gesegde wat lui ‘lag en die wêreld lag saam, maar huil en jy huil alleen’. Huil en jy verkoop ’n miljoen country & western-plate. Derduisende liefdesnoveltjies. Gee my snot en trane, skryf DEBORAH STEINMAIR.

’N VRIENDIN noem dat sy weer Sy kom met die sekelmaan gelees het, en dat dit nie so goed verouder het nie. Dat dit darem bitter smartlapperig is, en presieus.

Ek het dit ook onlangs weer gelees en die ewige slagofferskap het my opnuut aangegryp: “Daar is droogte in die lug, en my hare hang slap en lusteloos soos verlepte wilgertakke neer. En die weemoed van my skooldae het weer soos ’n swart uil op my skouer kom steun toe ek die onaantreklike, moeë beeld daar in die spieël gewaar. Ek was weer die skaam, bysiende, ongewenste Maria-aan-die-slaap wat rympies maak, eensaam teen die skoolmuur, met verdrietige oë op die mooi en vrolike krulkop-speelmaats wat so onverstaanbaar aanmekaar kan giggel, met geheimpies onder mekaar.”

Dit dompel my meteens terug in die tranedal van tienerwees: “Those of us with ravaged faces, lacking in the social graces,” het Janis Ian gesing, “stayed at home, inventing lovers on the phone, who called to say come dance with me …”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.