Oorlog in Oekraïne gaan SA met duurder kos die hardste slaan

AMPER SOOS 1972?

Oorlog in Oekraïne gaan SA met duurder kos die hardste slaan

Rusland en Oekraïne is albei groot uitvoerders van onder meer graan. WANDILE SIHLOBO verduidelik wat dít vir Suid-Afrikaners kan inhou.

WAARNEMERS van internasionale graanmarkte sal vertroud wees met die “Great Grain Robbery” van 1972. Dit was nie ’n rooftog in die tradisionele sin nie, maar wel ’n tyd toe die VSA groot hoeveelhede graan teen gesubsidieerde pryse aan die voormalige Sowjetunie verkoop het, sonder om te besef dat daar binnekort swak graanoeste in verskeie groot graanproduserende lande sou wees.

Hierbenewens was daar ’n toename in die vraag na graan uit die internasionale veebedryf, sowel as die feit dat Amerikaanse landboubeleid destyds die uitbreiding van sojaboonproduksie, ’n belangrike insetfaktor vir die veebedryf (pleks van mielies) ontmoedig het.

Saam met ander faktore het mislukte oeste oor die wêreld heen en die volume graan wat die VSA na die voormalige Sowjetunie verskeep het tot ’n styging in Amerikaanse en internasionale landboukommoditeitspryse gelei. Teen hierdie tyd het die Sowjetunie daarin geslaag om voldoende voorrade vir hul huishoudelike behoeftes te verseker en was hulle dus grootliks geïsoleer van die wêreldwye graantekort...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.