Freud en die agterplaas van die bewussyn

TREIN SONDER REMME

Freud en die agterplaas van die bewussyn

‘Glipse van die tong’ kan soms skreeusnaaks wees en/of jou in groot verleentheid bring, soos DEBORAH STEINMAIR hier demonstreer.

SOMS is my kop so vol woorde dat hulle verkeerd uittuimel. Dis in elk geval my verskoning. Deur die jare onthou ek sekere kortsluitings tussen my brein en tong, met die onderbewuste wat ongevraagd hand opsteek. Dis ’n trein sonder remme.

Freud het gereken “glipse van die tong”, of “Freudiaanse glipse” ontspring in die onderbewussyn en verklap ’n persoon se ware gevoelens oor ’n onderwerp.

Dis vroeg een oggend in die vroeë 90’s. Ek is getroud. My man maak my wakker met koue voete en warm toenadering. Ek is hom nie meer so geneë nie, en boonop deur die slaap. Ek keer halfhartig. In die proses sien ek hoe my horlosie in stadige aksie van die bedkassie afgly. Ons het Engels gepraat. Wat ek wou sê is: “My watch is falling,” maar wat oor my lippe kom, is: “My wife is watching.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.