SOMMIGE van ons is pakrotte. Dit word al hoe moeiliker om klere, boeke, briewe, Kersversierings, kartondose, drasakke, klippe – noem dit maar op – weg te gooi. Ek begin met wit kneukels soos ’n verslaafde smeek en onderhandel: “Miskien kry ek dit later nodig. Dis so ’n mooi boks. My klippe anker my. Ek gaan weer daarin pas.” Gelukkig woon ek saam met Marie Kondo, die uitgooikoningin.
Maar ek weet ek is nie alleen nie. Ek het al huise en woonstelle wat te koop is, gaan besigtig. Dis vreemd om onbekendes se gemeubileerde leefruimte te betree. Meestal kan jy skaars die lyne van die argitektuur bespeur – oral is ou liasseerkabinette, hangkaste, dose waarin grootskerm-TV’s en stofsuiers gekom het, ekstra sitkamerstelle, ou DVD-spelers, hi-fi’s en versaakte gim-apparaat gestapel.
Ek dink altyd aan die Klein Prinsie wat elke dag die babakremetarte op sy planeet met wortel en tak moes uitwis. As jy laat slaplê, word jy verstrengel. As jy jou oë uitvee, kan jy skaars beweeg tussen die stapels koerante, tydskrifte, boeke en skoene...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.