Die rituele dood van ’n os

UITEENLOPENDE KULTURE

Die rituele dood van ’n os

Hoe gebeur dit dat party Suid-Afrikaners naatloos met een Nike-voet in die mall staan en die ander voet kaal met 'n riempie om die enkel op ’n dier se keel, terwyl ander glibberig vastrapplek soek? PEET STEYN vertel van sy belewenis van ’n spesifieke Suid-Afrikaanse ritueel.

IN ’n land met 11 amptelike landstale en sekerlik meer as 11 spesifieke kulture, kan ons die net van vrae oor ons rituele seker wyer span as oor net hoe ons ons gestorwenes groet en onthou. Daar staan immers iewers geskryf dat vrye toegang tot die openbare beoefening van ons rituele ’n fundamentele deel van die demokrasie uitmaak.

Ons gee anders geboorte, ons doop anders, ons word anders in die grootmenswêreld ingelei, ons trou anders en ons gaan anders dood. Honderd jaar terug is die meeste mense by die huis gebore en het hulle die laaste asem by die huis uitgeblaas. Nou gebeur albei meestal in ’n hospitaal sonder enige noemenswaardige ritueel.

Die einde van ’n os..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.