Nou koloniseer hulle jou kop

IN DIE METAVERSUM

Nou koloniseer hulle jou kop

Deesdae word alles virtueel en aanlyn gedoen. Aanlyn kuiers en aanlyn speletjies het die norm geword; mense skaf virtuele eiendom aan, bou virtuele huise, koop virtuele voertuie en klere. Om dit te kan doen, moet hulle speel-speel-geld aanskaf. Ten duurste, met regte geld. Die voetverkeer in die metaversum groei eksponensieel met dié dat mense al hoe meer deur hul skerms leef en sosialiseer. Die hele wêreld speel huis-huis, ver verby die werklikheid, skryf DEBORAH STEINMAIR.

DIE planeet is verslete en mense het al lankal eiendom begin aankoop op Mars en die maan. En in die metaversum. Het jy geweet Facebook se naam het amptelik verander na Meta?

“Meta” beteken “beyond” – anderkant, verby. Die wetenskapfiksieskrywer Neal Stephenson het lank gelede die woord “metaverse” gemunt om ’n virtuele wêreld te beskryf waar mense as avatars van hulself funksioneer. Wetenskapfiksie word werklikheid, as jy lank genoeg leef.

Toe ons klein was, het ons gespeel, vir ure en dae aaneen. Ons het stede, paaie, brûe, wêrelde gebou. Ons het ons eie speelgeld gemaak en alles en nog wat verkwansel en aangeskaf...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.