Louisa Louw bestel ’n fees

WANT KERSFEES IS KERSFEES

Louisa Louw bestel ’n fees

Die vrou met die die krom lyfie in die geblomde rok, die yl haartjies, die yl oë wou 'n tradisionele ete hê vir Kersdag vir al haar kinders en kleinkinders. Niks van hierdie uitheemse goed wat ’n mens deesdae in kookboeke sien nie. En niks uitspattige speserye in disse wat al geslagte lank op ’n bepaalde manier gemaak is nie. Maar sy kon dit nie meer self behartig om vir 18 mense te kook nie, en toe vra sy hulp. SOPHIA KAPP vertel .

SY het via die patatrank van my gehoor. Iemand wat iemand ken wat by iemand gehoor het van die mark by die Sinkhuis en die lewerkoekies met pap en die roosterkoek met appelkooskonfyt en die pannekoek met melktertvulsel en die vrugtekoek met die bloukaas, het vir Louisa vertel ek kook vir geld. Sy het op die plek die foon opgetel en my laat kom.

Sy woon in Pretoria se statige hart. In ’n groot ou huis in ’n boomryke voorstad waar mense lank gelede al agtvoetmure om hulle erwe gebou het sodat hulle nie hulle bure hoef te sien of te hoor nie. Geëlektrifiseer. Gefortifiseer. Haar tuin was effe oorgroei, maar dit was mooi groen ná al die reën, en ek het al in my geestesoog die lang tafel met wit linne en gladde glas gesien, miskien met ’n hoë kruik met wit swaardlelies in die middel, of so hier en daar ’n plat Carrol Boyes-bak met icebergs.

Maar Louisa wou niks weet van ’n tafel buite nie. Sy het my aan die arm beetgekry en binnetoe gesleep, na ’n bedompige eetkamer met rooi mure en koperkandelare en ’n lang tafel waarby agttien mense gemaklik kon pas. Hier, het sy gesê. Die kos kom op die buffet, die sjampanje en die wyn word bedien vanuit die drankkabinet. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.