VALIUM, XANAX, ALZAM, ATIVAN…
Ma se Helpertjie: die prys van pilmisbruik
Nadat ’n kennis van haar weens onttrekking aan ’n bekende kalmeermiddel in die hospitaal gaan draai het, het MADELEINE BARNARD meer probeer uitvind oor bensodiasepien. The Rolling Stones het destyds oor ‘benzos’ gesing en dis die voorskrifmiddel wat die naasmeeste ter wêreld misbruik word.

Deel
’N PAAR weke gelede stuur ek ’n bekommerde WhatsApp aan die man wat woon langs ’n vriendin van ’n vriendin. Sy antwoord nie haar foon nie. Sy woon alleen en dinge is al weke lank op die afdraandepad.
Eers het haar tong gesleep wanneer sy praat. Sy het my vertel van sameswerings teen haar, mense wat van haar steel. ’n Week later babbel sy hoog en vinnig en aanmekaar as ons gesels. Toe raak sy stil. Sy antwoord nie meer haar foon nie.
Dit het alles begin met haar dokter wat vir haar ’n benso vir angs voorgeskryf het. “Benzo” is een van die straatname vir bensodiasepiene, ’n familie van medisynes wat hoofsaaklik vir angs en slapeloosheid voorgeskryf word...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
O, die kostalgie ...
’n Terugblik op die romkoms van my jeug
Hemelbesem: Dit is die Afrikaans wie ek is
Kitare is Prozac met snare
Jan Blohm se blou en rou musiek
Deel
-
Deel
Madeleine Barnard
SkrywerMadeleine Barnard is ’n vryskutskrywer en sanger/liedjieskrywer. Sy het al drie albums met oorspronklike musiek opgeneem en een boek (Cape Town Stories - 2007) geskryf. Sy woon in die Karoo saam met haar lewensmaat en sewe katte.