DIT kon nie anders nie en nee, daar is niks anders wat sy wou doen nie.
“My pa, Carter, was in die laat 1950’s en vroeë 1960’s deel van die Cape Peninsula Players,” vertel Vinette Ebrahim. “Hy was ’n onderwyser, maar die teater was sy groot liefde. Hy was nie net ’n verhoogbestuurder nie, maar ook ’n vervaardiger. Vir my was die grootste vreugde om tussen die kostuums en die dekor te staan en dit net in te asem. Dít is waar my groot liefde vir die teater vandaan kom.”
Ná skool het sy ingeval by die Space-teater in Kaapstad waar onder andere Yvonne Bryceland haar onder hande geneem het. Verskeie teaterproduksies het gevolg en in 1989 kry sy haar eerste rol in ’n TV-reeks: Fanny Bees in Barney Barnato. Rolle in Die Sonkring II en The Syndicate volg en in 2000 is sy as Jamaima Killian te sien in die trefferreeks Soutmansland...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.