Covid: 8 tekens dat jy dit dalk reeds gehad het (sonder dat...

ONWETEND ONDER LEDE

Covid: 8 tekens dat jy dit dalk reeds gehad het (sonder dat jy dit geweet het)

Dit voel asof byna almal wat ANNELIESE BURGESS ken al Covid gehad het. In haar eie huis was selfs haar dogter 10 dae lank siek. En tog is sy nog nie self daardeur neergetrek nie. Wat is die kans dat sy soos baie ander reeds die virus opgedoen het, maar dit nie besef het nie?

DIE simptome van Omicron, weet ons nou, is in die oorgrote meerderheid van gevalle minder fel as dié van vorige variante.

Prof. Tulio de Oliveira, wat betrokke was by die identifisering van die Omicron-variant van Covid-19, sê dit is omdat baie meer mense nou ingeënt is of 'n mate van immuniteit opgebou het deur 'n vorige Covid- infeksie. En ook omdat Omicron die boonste lugweg teiken eerder as die longe soos wat vorige variante gedoen het. 

Sedert die begin van die pandemie, en met elke variant, was daar gevalle van mense met asimptomatiese infeksie, en so ook met Omicron. Maar met Omicron blyk daar ook ál hoe meer gevalle te wees waar mense óf  geen simptome toon nie, óf min en ligte simptome...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.