TYDENS my sewe jaar by die Laerskool Pretoria-Oos was daar baie lekker tye. As laatlam met sibbe wat reeds huis-uit was, was laerskool vir my ’n fees van klein tydgenote.
Maar ek het destyds al aan fomo (fear of missing out, oftewel die vrees om iets mis te loop) gely, of dan eerder aan pomo: die pyn van iets mis te loop. Weens my hiperbesige werkende moeder en haar obsessie met gesond eet, het my skooltoebies met skreeuende bande net duskant droewig gaan draai.
Met die onlangse hoeha van sentimentele Suid-Afrikaners wat op sosiale media verlang na ’n ou vissmeer-advertensie (“Wedwo!”) en knor omdat hulle vis-asems hulle nou met die wrede wegruk van Redro- én Pecks Anchovette-vissmeer ontneem gaan word (daar is ook die voortslepende Covid-verwante tekort aan Marmite, een van Mzansi se ander liefling-broodsmere), het die gruwel-toebies van my kinderjare weer by my kom spook...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Glansvroue bring hoop oor ouer word