Willem Viljoen, die boeremusiek-fluisteraar: ‘Daai ritme lê...

SAKKIE-SAKKIE

Willem Viljoen, die boeremusiek-fluisteraar: ‘Daai ritme lê in ons gene, wit en swart’

Ná 300 aflewerings van die uiters gewilde radioprogram Vastrap is die aanbieder, Willem Viljoen, een van Suid-Afrika se voorste boeremusiek-dissipels. Dit loop in sy gene. Willem is die seun van wyle Ollie Viljoen, boeremusieklegende en bobaas-storieverteller. ANNELIESE BURGESS het met hom gesels oor die oplewing wat boeremusiek op die oomblik ondervind, hoe ritme in ons are sit, en die lekker wors wat hy in Argentinië leer maak het.

ELKE Saterdag om 14:00 stel my (Engelssprekende) pa sy radio op Radio Sonder Grense. Ek het grootgeword met dié een-keer-'n-week-boeremusiekklanke wat uit sy studeerkamer dwarrel. Of in die sitkamer met die radio wat saamgedra word soontoe. Of in die bakkie onder 'n boom in die veld tussen die beeste – iets wat my pa graag doen vir daardie uur. “Dit laat net 'n gevoel oor my kom," het die man wat andersins net swaar klassieke musiek luister, eenkeer vir my verduidelik hoekom hy so verknog is aan die program.

Miskien is dit daardie “gevoel" wat 250,000 ander Suid-Afrikaners elke week na Willem Viljoen se boeremusiekprogram laat luister – dieselfde program wat sy pa, Ollie, die legendariese musikant en baasstorieverteller, voor hom aangebied het. Vastrap kom met 'n lang pedigree: Dit is die derde oudste program op RSG.

Waar kom hy aan sy ensiklopediese kennis van boeremusiek, vra ek terwyl ons koffie koop by die barista-op-'n-bakkie in 'n parkeergebied in Bettysbaai. Die suidooster wáái. Ons gaan soek vir ons 'n beskutte hoekie in die binnehoffie voor Willem se klein boetiekslagtery...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.