Wie moet ons teen die beskermers beskerm?

WAGTERS OP SA MURE

Wie moet ons teen die beskermers beskerm?

Suid-Afrika se intelligensiedienste moet dringend hervorm word om ’n moderne, doelgerigte, bekostigbare en demokraties verantwoordbare veiligheidsektor te skep, skryf ANTHONI VAN NIEUWKERK. Want ons kan allermins verdere opstande soos die ‘agt dae in Julie' bekostig.

“WIE moet ons teen die beskermers beskerm?” – my interpretasie van die oorspronklike Latynse frase quis custodiet ipsos custodes? – is ’n filosofiese vraag wat verwys na die manier waarop demokrasieë mag in beheer hou. 

Die aanname is dat die uitoefening van mag deur die regerende elite deur ’n grondwet en die oppergesag van die reg gerig en beperk word. Maar wat gebeur as die maghebbers hierdie reëls van die politieke spel verbreek? Dit raak nog meer ingewikkeld wanneer ’n land se intelligensiedienste hulle skuldig maak aan grootskaalse wangedrag – soms vir eie gewin en soms in oorleg met ’n korrupte leier. Hierdie is ’n wêreldwye probleem.

In Suid-Afrika se geval het ons te doen met ’n intelligensiediens wat sedert die apartheidsjare deur maghebbers ingespan is om hulle eie belange te beskerm, eerder as die belange van die nasie. (Ek het onlangs die eienaardige argument gehoor dat sommige apartheidspioene en intelligensie-amptenare “goeie mense” was wat “goeie werk” verrig het). Dit is ongetwyfeld so dat regerings wêreldwyd van ’n geheime diens as ’n bastion teen interne en eksterne bedreigings gebruik maak. Trouens, nasionale veiligheid is ’n regering se hoogste prioriteit. Dit behels meer as die beskerming van ’n land se mense en bates; dit het te doen met die beveiliging van nasionale waardes en belange. Hierdie waardes word in ons Grondwet beskryf as Suid-Afrikaners se voorneme om as gelykwaardige burgers in harmonie en vrede te leef, vry van vrees en tekortkoming en op soek na ’n beter lewe...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.