Maak plastiek my vet?

GEDROGGIES DRING LYWE BINNE

Maak plastiek my vet?

Sy is behep met dieet en met oefening, maar is dit die chemikalieë in plastiek wat maak dat sy gewig aansit, vra DEVLIN BROWN.

TOE ek ’n dekade of so gelede probeer het om ’n alkoholis te oorreed om hulp te soek, het hy my vertel die geweldige agteruitgang in sy gesondheid word veroorsaak deur sy “liefde vir Coke”. Dit was ’n onbenullige ongerief, dat hy die Coke net geniet het as hy eers ’n derde van die glas vol brandewyn gegooi het.

Natuurlik is Coke pure gif. Dis byvoorbeeld ’n handige manier om die reis na diabetes te versnel, maar ook veel meer. Coca-Cola weet dit ook – dis waarom daar soveel in suikervrye variante belê word.

Hoewel die suiker hom sonder twyfel vernietig het en blywende skade aan sy liggaam aangerig het, was dit alkoholisme wat hom ’n desperate skadu van homself gemaak het. Toe, op ’n dag, het hy opgehou alkohol drink. Daardie enkele verandering, net om die brandewyn weg te vat, het sy huwelik verander, sy lewensgehalte verbeter, sy besigheid gehelp en waarskynlik sy lewe gered. Toe hy eers nugter word, kon hy logies dink oor hoe om sy dieet met al die suiker, insluitend die Coca-Cola, te verander...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.