Hoe om miljoene uit jou vet pens te maak

LEES WEER

Hoe om miljoene uit jou vet pens te maak

Dit word nie verniet ‘clickbait’ genoem nie – daardie stukkies woord-aas op die internet wat jou uitlok om daarop te klik, selfs al weet jy voor jou siel dit gaan nie wees wat jy gehoop het nie, het WILLEM KEMPEN in ons uitgawe van 7 Mei 2020 geskryf.

Wat is die verskil tussen klikaas (clickbait) en bloot ’n prikkelende opskrif by ’n regte nuusstorie?

Verantwoordelike nuusmedia gebruik ook opskrifte en foto’s om jou oor te haal om op ’n storie te klik of na ’n video te kyk, maar klikaas-werwe gaan doelbewus veel verder. Hulle oordryf, hulle mislei, hulle lieg soms blatant, of hulle probeer sensasie skep waar dit nie bestaan nie.

Neem die voorbeeld boaan hierdie rubriek: “Hoe om miljoene uit jou vet pens te maak.” Baie mense sal klik op iets met so ’n opskrif omdat hulle gretig is om uit te vind hoe om baie geld te maak én omdat iemand soos hulleself dit kwansuis reggekry het – iemand wat dalk oorgewig is of in ’n ander opsig iets met hulle gemeen het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.