Ons het darem heelwat grense verskuif en ’n paar koeie ook geslag

UIT DIE ARGIEF

Ons het darem heelwat grense verskuif en ’n paar koeie ook geslag

Vir die laaste uitgawe van Vrye Weekblad die koerant, wat op 29 Mei 1993 verskyn het, het MAX DU PREEZ deur al 221 wat vanaf 4 November 1988 verskyn het geblaai en sy gedagtes laat teruggaan na die eerste sukkeldae. Die nuwe Vrye Weekblad-tydskrif het op 25 Junie 1993 die eerste keer verskyn.

DIT was êrens in Julie 1987. Ek het in die verskriklike hitte van Burkina Faso langs die swembad van die hotel in Ouagadougou sit en flou bier drink saam met ’n paar mede-Dakargangers: Van Zyl Slabbert, Beyers Naudé, Thabo Mbeki, Mac Maharaj, Alex Boraine, en, as ek reg onthou, Gerhard Erasmus van Stellenbosch.

Ons het pas ons veelbesproke konferensie met die – in Suid-Afrika steeds verbode – ANC in Dakar afgehandel, en was op ’n kort toer deur Wes-Afrika. Dit was ’n opwindende ontmoeting wat ons toe al geweet het ’n invloed op denke en gebeure sou hê.

Ons het dae lank geen nuus van die huis af gehad nie, en dié betrokke dag het iemand daar aangekom met ’n handvol fakse van koerantberigte uit Suid-Afrika. Goedkeuring het ons nie verwag nie, maar die histerie van veral Beeld, Die Burger en Rapport het my geskok. Ons is alles genoem – van verraaiers tot naïewe dwase tot onverantwoordelike opportuniste en useful idiots van die kommuniste in skreeuende hoofopskrifte en onsmaaklike kommentaar en spotprente, en die PW Botha-regering het begin dreig met optrede teen ons...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.