Stories is toorkuns

PLEITOOREENKOMS MET DIE ONSIGBARE

Stories is toorkuns

Sy kan nie ’n ateïs wees nie, want sy glo in alles onder die son, sê DEBORAH STEINMAIR. Anders as die Koningin in Alice in Wonderland was dit nog nooit vir haar nodig om te oefen om in onmoontlike goed te glo nie. En sy het al wonderwerke beleef.

SEKERE woorde onthou ek ewig, omdat hulle resoneer. Soos Hamlet se woorde: “There are more things in heaven and earth, Horatio, / Than are dreamt of in your philosophy.”

Soos Wordsworth se woorde: “The child is the father of the man”. Volgens Wikipedia beteken dit ’n persoon se optrede en belewenisse as kind vorm sy volwasse persoonlikheid. Ek het dit anders verstaan: dat kinders ingebore wysheid besit, meer as grootmense, en dit algaande verloor, soos hulle geleer word om rasioneel te wees.

Soos toe die koningin vir Alice in Wonderland sê ’n mens moet óéfen om onmoontlike dinge te glo, dat sy dit al reggekry het om tot ses onmoontlike goed voor ontbyt te glo. Sien, dit was nog nooit vir my nodig om te oefen nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.