Wimpy, die plek van tuiskoms en vertrek en boere-Americana

’N STILLEWE

Wimpy, die plek van tuiskoms en vertrek en boere-Americana

In die Wimpy word die menslike kondisie vasgevang in die kleur van die goudgeel mosterd en bloedrooi tamatiesous, die glibberige eiers en bleek tjips. HENK SERFONTEIN onthou die dae toe dit (en ’n pienk milkshake) genoeg was om jou gelukkig te maak.

DIE Wimpy in Kaapstad se Adderleystraat is seker die naaste wat ek in my lewe aan iets soos Edward Hopper se diner in sy Nighthawks-skildery sal kom.

My Wimpy bereik jy deur ’n sydeur uit die besige hoofstraat, of met ’n roltrap van die stasie se kant af deur die Goue Akker. Dis ’n plek met gelaagde assosiasies waar jy net tydelik vertoef. ’n Plek van afwagting en goudgeel mosterd. ’n Plek met enkelsittendes wat in een rigting kyk soos tydens ’n busrit, vasgevang in die isolasie en die alledaagsheid van hul bestaan. ’n Plek waar die oggendstond se goud in die mond die louwarm, loperige geel van die Farmhouse-brekkie se olierige eiers is. Twee eiers, bacon, twee wit driehoekies toast, tjips. ’n Stillewe van mosterd en tamatiesous op die tafel. Die vinjet word voltooi deur ’n onnatuurlike groen plastiekplant, ’n gelamineerde spyskaart en die rookreuk van gebraaide hamburgerpatties wat in die lug bly hang.

Die politici herinner my soms aan hierdie glibberige eiers: olierig en moeilik om vas te pen. Maar hier sit ek met die bottel rooi tamatiesous voor my, rooier as die vinielsitplekke wat soos opblaasspeelgoed onder jou sitvlak voel. Daar is geen rus in ’n diner in ’n land waar die toekoms met die verlede baklei nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.