Van bourgeois na boereflaneur en hoesende hoenders wat goue eiers lê

OP REIS IN BUSSE EN TAXI'S

Van bourgeois na boereflaneur en hoesende hoenders wat goue eiers lê

Die kunstenaar HENK SERFONTEIN is aan die gelukkige ontvangkant van demokratisering toe hy sy motor laat gaan.

DIT was in die proses van my eie groot trek van Pretoria na Kaapstad toe ek ’n geselsie met ’n filosoof tussen hemel en aarde aangeknoop het. Dit was bykans 20 jaar gelede en ek het by die kantvenster van die vliegtuig deur die geel weerkaatsing van die filosoof se bandana na die topografie van die landskap gekyk.

Daar was teerpaaie en stofpaaie in die verte. Rooibruin grond en paaie wat die bloed na die aorta van Bloemfontein deur plekke soos Brandfort gepomp het. Soutpan het vanuit die lug soos ’n wit vlek op die landskap gelyk en die Modderrivier het soos ’n versteurde pofadder gekronkel. Die eksentrieke vliegtuigfilosoof het aan my vertel dat sy missie in die lewe is om nooit, ooit ’n motorkar te besit nie omdat hy geglo het dat dit onnodiglik ons gedragspatrone bepaal. ’n Baie ingewikkelde verduideliking van die sosiale ideologie van die motor het gevolg met ’n aanhaling of twee uit ’n essay van die filosoof André Gorz. In ’n neutedop is die voorstel dat ons almal eerder openbare vervoer gebruik, want ’n motor is ’n luukse artikel en “the essence of luxury is that it cannot be democratized”.

Nadat die enjin van my motor onlangs vir die tweede keer in ses maande die gees gegee het, het ek die idees van die vliegtuigfilosoof onthou en besluit die tyd het aangebreek dat ek van my high horse afklim en dat my rondbeweeg in Kaapstad voortaan op openbare vervoer sal berus. Uber en Bolt is ’n app ver en daar is minibustaxi’s en twee MyCiTi-bushaltes binne loopafstand van my. Een is in Kloofnek en die ander baie naby aan die Bombay Bicycle-restaurant in Kloofstraat...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.