Al dolerend deur ’n doolhof van ‘dwalings’

GAYWEES IN DIE NG KERK

Al dolerend deur ’n doolhof van ‘dwalings’

Die kunstenaar HENK SERFONTEIN se hart is kleintyd al gebreek deur die NG kerk waar hy Sondag ná Sondag saam met sy gesin die erediens bygewoon het. Tog gaan hy nou een Sondag na die dolerende Tafelberg-gemeente in Kaapstad ...

DIS 1977 en ek is 'n sesjarige snotkop met 'n hoë voorkop en selfgeknipte hare. Soos elke Sondag word ek en my ouer broer aangetrek in ons beste kerkklere. Dit word op rekening gekoop by Truworths in Kerkstraat, Pretoria. My ma rook 'n sigaret in 'n lang pypie en suig 'n pienk, kalkagtige ouderlingpilletjie. Sy ruik na sherbet en tabak en lyk betowerend in haar Ackermans-rokkie waarvan sy die etiket afgeknip het.

Haar openbare beeld bou sy op 'n samevoeging van kiekies van Sarie-voorbladmodelle en Rita Hayworth. Film noir in die suburbs. Haar twee seuns is haar trots. My pa, 'n taamlik teenstrydige figuur, is holier than thou op 'n Sondag in sy swart pak, wit hemp en wit das. Voor die diens in sy smoke break blaas die jong ouderling sirkeltjies hemel toe voor hy by 'n kantdeur by die konsistorie inglip.

Die dominee bestyg die troon, verhef sy stem teatraal, ek skuif nader aan my ma en hou met albei hande haar arm styf vas. My broer klou aan die ander elmboog. Wat ek op ses van die uitverkorenes en die hemelvaart verstaan, is dat daar 'n man uit 'n wolk gaan neerdaal en dan 'n paar van die Afrikaner-supergelowiges 'n opgradering uit die middelklas tot in die hemel gee. Die res gaan verkool in die vagevuur soos 'n tjoppie op die rooster. My kinderhart is vol vrees oor die ongelooflike wreedheid. Ek moes ten alle koste deel word van hierdie wegraping...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.