SA is aan die verkeerde kant van die geskiedenis

NUWE WÊRELD-(WAN)ORDE

SA is aan die verkeerde kant van die geskiedenis

Die moontlikheid van kernverwoesting hang oor die aardbol. Dis 'n ontnugterende gedagte. Wat ook al gebeur, gaan diepgaande gevolge vir die internasionale gemeenskap van state hê. Binne hierdie onsekerheid kan Suid-Afrika aan die verkeerde kant van die geskiedenis beland, skryf JUSTICE MALALA.

RUSLAND se inval in Oekraïne skep 'n magdom scenario's op die kort en lang termyn, internasionaal én plaaslik. Baie daarvan is droewig, en die meeste van die scenario's het diepgaande en blywende gevolge vir die internasionale veiligheidstrukture wat ná die Koue Oorlog tot stand gekom het. Dit gaan bekwame leierskap en diplomasie verg.

Terwyl baie kommentators deur die geskiedenis van Rusland en Oekraïne en die redes vir die inval sif, is die dringende vraag vir die wêreld se brose gemeenskap van state die volgende: As hierdie die einde van die tydperk ná die Koue Oorlog is, hoe lyk die toekoms?

Dit lyk miskien nie so aan die mees suidelike punt van Afrika nie, maar die heel ergste scenario – van radikale eskalasie en 'n kernkonfrontasie – is 'n sterk moontlikheid. Aan die begin van die inval het die Russiese president, Vladimir Putin, 'n direkte waarskuwing aan Westerse lande gerig en gesê hulle sal “gevolge [dra] wat erger is as enige in die geskiedenis” as hulle probeer keer dat hy opruk na Kyiv...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.