DIS Sondagoggend by die Labotessa-kafee op Kerkplein in Kaapstad. Ek hou in my baan en lees koerant. 'n Aanvallige vrou wat ek identifiseer as ’n sosiale vlinder en Instagram-influencer arriveer by die tafel reg langs my. Sy bestel 'n cortado, ek 'n cappuccino. Ek het haar al voorheen sien bie op kontemporêre kuns by die Strauss & Co-afslaershuis. Sy's 'n elegante vrou met 'n balletnek en die tipe ronde swart sonbril wat ek laas op 'n begrafnis in 'n Pedro Almodóvar-rolprent gesien het. Die vrou het duidelik cash flow en gesofistikeerde smaak.
Die Rapport is redelik voorspelbaar met die Afro-pessimisme, mans wat balle rondskop en geen visuele kunsstories nie, maar my oog vang die “Art and About”-afdeling in die Sunday Times. Dis 'n artikel wat fokus op die Investec Cape Town Art Fair. Dis net ligte, kamera en aksie. Daar is sosiale foto's en verwysings na die rockster-beeldhouer Nandipha Mntambo se Agoodjie-kunswerk en ook haar ontwerpersuitrusting. Lady Skollie, met 'n groot pak kaaskrulle in die hand, strike a pose waarin sy die feminisme lewendig hou. Op die foto poseer sy langs die nou wêreldberoemde Billie Zangewa.
En daar staan die pronkmeisie en oud-Mej. SA Jo-Ann Strauss met 'n luiperdvelmotief-strikdassie om die nek. Die uitrusting transendeer haar van sosiale vlinder tot luiperdwyfie, kompleet met modieuse handsak in die linkerhand. Ek kyk daarna en dink dit voel alles baie Top Billing vir my, en so ver van die white cube-ruimtes waarin ek gewoonlik na kuns kyk...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Laatmiddag in ’n restaurant in boere-Italië