’n Geskenk wat die deure van ’n taal se krag vir almal kan oopmaak

WOORDE WAT WOED EN VOED

’n Geskenk wat die deure van ’n taal se krag vir almal kan oopmaak

Die Afrikaanse taalgemeenskap is dankbaar dat die eHAT weer beskikbaar is, skryf SOPHIA KAPP.

EK het grootgeword by doodgewone ouers in 'n doodgewone huis in 'n doodgewone voorstad met 'n doodgewone skool vol doodgewone kinders.

As ek sê “doodgewoon” bedoel ek nie die ouers of die huis of die skool of die kinders in die skool was minderwaardig nie, ek bedoel net nie een van hulle sou in enige koerant ooit gemeld word as 'n uitblinker nie. Met die uitsondering van Charmaine Gayle wat 'n jaar voor my was en vir 'n  rukkie die wêreldrekord vir hoogspring in haar ouderdomsgroep gehou het.

Charmaine was ons ster, die res van ons was gewoon. Ons het deur wiskunde en geskiedenis en skeinat en Afrikaans geploeter, want ons skool was 'n kilometer van die see af, en al wat almal wou doen, was om te gaan branderplankry, of om op die strand te lê en te kyk vir die manne wat branderplankry. Ek vermoed die onderwysers van hierdie spul ploeteraars was pouses eerder lus vir vodka as tee, en die skoolklok was vir hulle meer van 'n verlossing as vir ons, want wie wil nou dag in en dag uit met so 'n spul donkies in 'n klas sit?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.