Om in die nag ’n brood te bak is soos om ’n gedig te skryf

BAK EN BROU

Om in die nag ’n brood te bak is soos om ’n gedig te skryf

Breyten Breytenbach sê om ’n gedig te skryf is soos om 'n hond dood te maak – die dier wurg aan die tou en weet wat kom. En as jy 'n brood in die nag bak, sê PEET STEYN, en tussendeur met gedigte wil skoorsoek, blaf jou gewete jou soms buite die venster wakker.

IN 1929 skryf die groot Spaanse digter Federico García Lorca: “Die mens kan nie van brood alleen lewe nie. As ek honger en armlastig op straat was, sou ek nie vir ’n brood gevra het nie. Inteendeel, ek sou vir ’n halwe brood en ’n boek gevra het. Hiermee wil ek duidelik en met passie diegene veroordeel wat slegs praat van die geldelike behoeftes van arm mense sonder om enigsins aan dié mense se kulturele behoeftes aandag te gee. Dit is immers hieroor dat ons hees geroep is. Die helfte van ons bestaan is in ons verbeelding opgesluit. Die smaak en reuk van brood is ten nouste aan ons vryheid gekoppel.

“Beskawings is rondom die vuur gebore en dit is tyd vir regerings om te besef dat die vuur drie noodsaaklike doele gedien het: om koue af te weer, om kos te maak en om stories te vertel.”

Wat ek dink Lorca hier bedoel, is dat ons soms ’n goeie storie of gedig meer nodig het as ’n brood, maar ook dat die twee saamloop...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.