Val-uit-’n-vyeboom-poeding

FYNPROE

Val-uit-’n-vyeboom-poeding

Vyetyd in Suid-Afrika strek lekker lank, van November tot amper in Mei. In Vrye Weekblad van 2 April 1993 het NETTIE PIKEUR die allerlekkerste resep vir ’n vyepoeding gedeel. En, seg sy, ’n mens wat vir ’n vy betaal, is laf. Jy pluk en steel en bedel vye waar jy kan!

TOE die son nou die aand vlamrooi oor Bantrybaai sak, vertel vrind Marthinus my weer van Etienne en die vyeboom. Dis vyetyd, en ons pluk en steel en bedel net waar ons kan. ('n Mens wat geld betaal vir 'n vy is laf, tensy dit keurig volgens Ouma se resep in 'n glasflessie in stroop ingemaak is.)

Dit kom van jare gelede, die storie oor Etienne en die vyeboom, maar met die gruweldade-dopery op Stellenbosse koshuise wat nou so in die nuus staan (Mies Pikeur het self daar deurgeloop, en ene mejuffrou Jansen gaan ek nog eendag met arseen bykom), vertel ek en Marthinus vir mekaar ou jeugverhale.

Hy het twee grade in filosofie; myne staan as 'n Lanzerac-graad bekend. Etienne raak as bloedjong lektor reddeloos verlief op een van sy eerstejaarstudente. Dit was die dae toe ons die eerste keer mini's gedra het, onthou. Maar hy kom nêrens met die girl nie en besluit om haar een aand soos 'n kat uit 'n boom te bekyk – letterlik. Hy gaan klim in die vyeboom oorkant die straat by Minerva en wag tot sy soos al die eerstejaars om halfagt terugkom...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.