Sophia Kapp is die voltydse taaladviseur by die Virtuele Instituut vir Afrikaans. Sy is ook ʼn lid van die Taalkommissie van die Akademie vir Wetenskap en Kuns, die ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalliggaam van PanSAT, en ʼn skrywer van liefdesverhale. (Foto deur Albert Bredenhann.)
DINK MOOI VOOR JY STEEL EN DEEL
Moenie Afrikaans van binne af soos rysmiere uitkalwe nie
As jy van ’n dokter verwag om ’n stetoskoop te hê en ’n rekenmeester om ’n optelmasjien te hê – as jy dus van professionele mense verwag om toegerus te wees vir die werk wat hulle doen – hoekom is ons vereiste aan die onderwys middelmatigheid, vra SOPHIA KAPP.
Deel
Ek en Kind het onlangs gesloertoer, Kaap toe, Kind se laerskooljare-grootwordplek. Eintlik moes ons nog twee jaar in ons huis gesit en wegkruip het, maar kinders het ’n manier om hulle vlerke te sprei en ’n eie lewe te leef, en ek weet ons tyd loop uit.
Daarom pak ons die reis aan, met die groen draadflessemandjie wat my oupa in 1961 vir my ouers as trougeskenk laat maak het in die werkwinkel van die suikerplaas waar hy ’n voorman was, ’n konka ontsmettingsmiddel agter die passasiersitplek, en ’n lys musiek op Spotify waarmee ’n mens om die aardbol kan kom. Ons het ons uitklimme en afklimme gehou vir spesiale geleenthede en ons kontak met die mensdom beperk. Ons is immers midde-in ’n pandemie, en Kind was toe nog nie geënt nie. Maar die een afklim waarvoor ek selfs die virus sou aandurf, was Arbeidsgenot op Oudtshoorn.
Sien, ek het grootgeword in ’n Afrikanerhuis, met alles wat daardie stelling impliseer. Ons het in 1975 opgeruk (afgeruk?) Kaap toe om saam met duisende ander Afrikaners die opening van die Taalmonument te gaan bywoon, en ek het 15 jaar lank geskiedenis geneem waar ek geleer het Afrikaners is Spesiaal, en op ’n vreemde manier verhewe bo Die Res. Boonop is ek grootgemaak deur ’n Afrikaansjuffrou wat vir my met die agterkant van haar rooi pen na die Afrikaanse woordelys en spelreëls toe beduie het as ek haar met ’n taalvraag gepla het. Afrikaans was nie net ons erns nie, dit was ons oorlewing...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Sophia Kapp
SkrywerSophia Kapp is die voltydse taaladviseur by die Virtuele Instituut vir Afrikaans. Sy is ook ʼn lid van die Taalkommissie van die Akademie vir Wetenskap en Kuns, die ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalliggaam van PanSAT, en ʼn skrywer van liefdesverhale. (Foto deur Albert Bredenhann.)