Ware getuienis van ’n tentatiewe wildtuinbekeerde

KOESTER DIE HERINNERINGE

Ware getuienis van ’n tentatiewe wildtuinbekeerde

Daar is in elke ouer se lewe ’n oomblik waarop hulle die kind wat hulle met soveel teerheid, liefde, sorg, gebed, smeking en dreigemente van geweld grootgemaak het, afstaan aan die grootmens wat in sy plek moet kom, skryf SOPHIA KAPP. Vir haar het dié oomblik gekom in die Krugerwildtuin en sy het besef: Van hier af het haar seun net haar liefde nodig, nie meer haar leiding nie. Die kind wat saam met haar wildtuin toe is, het teruggekom as ’n man.

EK haat ’n wildtuin. Ek dik nie aan as ek dit sê nie, ek haat ’n wildtuin met ’n blinde en onverkwiklike passie, vandat ek 10 jaar oud was en ek ’n afgryslike en traumatiserende wintervakansie in die Krugerwildtuin moes deurbring waarvoor ek nooit behoorlik troos of berading ontvang het nie.

Dit was die jaar 1975. My pa het pas ’n vir hom ’n splinternuwe avokadogroen outomatiese Audi 100 LS gekoop, en sy jis het gejeuk om die langpad met sy nuwe speelding te vat. (Waar kry jy nou in hierdie lewe ’n langer pad as die een waarmee jy agter leeus in die Krugerwildtuin aan ry?) My ma het geprotesteer, want my Vrystaatse oupa en ouma het altyd in die wintervakansie by ons kom kuier om die ergste koue vry te spring, maar ’n man met ’n jis wat jeuk keer jy nie. Die oupa en ouma kon gerus maar saamgaan, dan kan hulle sommer ook popel oor die nuwe avokado.

Só begin die langste twee weke van my lewe (en hou in gedagte dat ek al matriekvraestelle nagesien en geskei het), saam met ’n pa wie se jis jeuk vir ry, nie vir stilhou nie, en ’n ma en ’n ouma (die ma se skoonma) wat in ’n turf war gewikkel raak oor wie die alpha female in die trop is – wie voor in die kar mag sit, wie die broodjies vir middagete mag uitdeel, wie die kaart mag vashou en mag navigeer, en wanneer ons gaan/mag/moet stilhou om te piepie. En ek sit agter in die middel van die avokado, tussen ’n sagmoedige, vredeliewende oupa wie se oplossing vir enige konfliksituasie was om sy arms oor sy bors te vou en te maak asof hy slaap, en ’n moerige ma wat nie kon of wou begryp waarom haar man nie sy ma op haar plek sit nie. Dit was die soort vakansie waarvan nagmerries gemaak word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.