Ons het nie nog ’n oorlog nodig nie

‘DIT OORHEERS KULTUUR, VERWRING GEHEUE EN BESMET ALLES OM DIT’

Ons het nie nog ’n oorlog nodig nie

Suid-Afrika moet hoegenaamd nie ingedwing word by die VSA se moraliteitstories oor reg en verkeerd nie. Die VSA het nie vriende nie, net belange. En oorlog spook nog altyd by dié land, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

EUROPA se oorsprong is op die aambeeld van oorlog uitgetimmer. Só begin die boek War in European History deur wyle prof. Michael Howard, voormalige hoogleraar in oorloggeskiedenis en regiushoogleraar in moderne geskiedenis aan die Oxford-universiteit. Wat die Britse ekonoom Angus Maddison as Europa se “uitgroeisels” beskryf het, spesifiek Kanada, Amerika en Australië, het histories bepalende rolle in Europese oorloë gespeel. Dit behoort gesê te word dat hulle gewoonlik saam oor oorlogvoering teen nie-Europese samelewings besluit het. Die setlaarkolonies van Rhodesië en die ou Suid-Afrika het tipies by die ry agter “die Weste” ingeval – die idee wat “die Europese wêreld” saamgevat het.

Dit was dus geen verrassing nie dat toe Washington op 16 Maart 2003 besluit om oorlog teen die mense van Irak te verklaar, pres. George W. Bush na die Asore-eilande gereis het om met drie leiers van Europese lande te beraadslaag wat op verskillende tye oor meer as 500 jaar lande van die Verre Ooste en Suidoos-Asië tot Afrika en weswaarts na die Amerikas ingeval, beset en gekoloniseer het.

Op ’n foto wat al byna twee dekades in my geheue ingeprent is, staan Tony Blair, voormalige Britse premier; José María Aznar, voormalige Spaanse premier; en José Manuel Durão Barroso, voormalige Portugese premier, voor hulle landsvlae op ’n gesamentlike nuuskonferensie by die Lajes-vliegveld op Terceira, deel van die Asore-eilandgroep. Bush het op daardie nuuskonferensie Washington se voorneme om Irak in te val as “’n oomblik van waarheid vir die wêreld” (https://www.kuna.net.kw/ArticleDetails.aspx?language=en&id=1327261) beskryf...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.