Hallo? Is daar lewe iewers in die uitgestrekte, onmeetlike ...

SOEKTOG TUSSEN DIE STERRE

Hallo? Is daar lewe iewers in die uitgestrekte, onmeetlike heelal?

Gaan die James Webb-ruimteteleskoop lewe iewers in die uitgestrekte multiversum vind? En indien wel, watter vorm sal dit aanneem? Só wonder en peins ISMAIL LAGARDIEN wanneer hy na die sterbesaaide naghemel opkyk.

EK het rondgesnuffel tussen die stapels papier in en om my werkruimte, op soek na iets positiefs of opheffends om oor te skryf. Goeie dinge gebeur vir seker oral. Die probleem is: Ek’s nie eintlik goed met sonskynjoernalistiek nie. En ek’s doodbang om Panglossiaans (oftewel ekstreem optimisties) te wees. Meer spesifiek, soos Voltaire al daardie jare gelede geskryf het: “Dit is onmoontlik dat dinge anders behoort te wees as wat dit is, want alles is reg.” En so is dit feitlik onmoontlik om die werklikheid te verander sodat dit kan pas by ’n mens se gevoel van optimisme of vreugde. Dit sal heelwat intellektuele bollemakiesies, blindheid en ook selfsug verg om perfek gelukkig te wees met die wêreld soos dit tans is.

Om billik te wees: Baie hiervan het te doen met die politieke leiers wat ons verkies het. En hierby kan ons voeg magtige mense wat ek glo ons wêreld tot ’n vroeë einde gaan bring, deur ’n kombinasie van ontkenning van die klimaatskrisis, die verspreiding van kernwapens, die misbruik van tegnologie en eenvoudige onnoselheid.

Dit was daarom vir my die beste opsie, terwyl ek tussen my papiere rondgevroetel het, om na die sterre te kyk; om op ’n donker nag na die waarneembare heelal te staar, die onmeetlik uitgestrekte skoonheid en wonder van alles te waardeer en te onthou presies hoe klein ons in hierdie grandiose plan van dinge is. Dit is hoe ek toe by die versameling van essays en verslae uitkom, met onder meer inligting oor die James Webb-teleskoop wat die Hubble-teleskoop opvolg en ons in staat sal stel om al hoe meer van ons heelal te sien, en watter ander heelalle daar ook al kan wees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.