Kersfees kom – en ons koop koorsagtig

VERBRUIKERSKAPITALISME HET HEILIG GEWORD

Kersfees kom – en ons koop koorsagtig

As ons ons nie oorgee aan verbruikersdruk, dolle inkopies, geskenke gee en al die tierlantyntjies van die dag nie, kan ons dit steeds Kersfees noem? vra ISMAIL LAGARDIEN.

DIS dalk iets vreemds om te erken en sal mense waarskynlik verras, maar ek’s mal oor Kersfees. Ek moet hierdie stelling kwalifiseer. Ek geniet Kersfees in New York – dis ’n besonderse tyd in dié stad met sy versierings, liggies en alles en nog wat. Ek het voorheen baie ure in Central Park of by die Rockefeller Center geysskaats. Dis asof hierdie stad met Kersfees in gedagte gebou is. Ek het geen probleem daarmee om nostalgies oor dit alles te wees nie.

Die een knaende kwessie wat ek het, in die lig daarvan dat ek sonder enige berou of apologie ’n radikale politieke ekonoom en kritiese teoretikus is (maak nie saak dat ek geen emosionele of geestelike verbintenis met die dag of sy betekenis het nie), is die manier waarop die kultuur van verbruikerskapitalisme feitlik iets heiligs in die Kerstyd geword het. Dis ook nogal tragies hoe mense, veral kinders, van jongs af by “die gees van Kersfees” ingesuig word wanneer soveel daarvan weggedryf het van godsdiens en geloofsoortuigings. In Amerika veral, en in ’n mindere mate in Brittanje, het dit ’n orgie van verbruikersdruk, joligheid en oordaad geword. Kom ons weer eerlik: Nie almal neem die geestelike of godsdienstige aspekte van die dag ernstig op nie, maar ons geniet wel die tierlantyntjies daarvan met oorgawe. Dis afgesien daarvan dat mense enige verskoning sal gebruik om dronk te word en te jol.

Ons kan vergewe word as ons glo “Kersfees is in die eerste plek as ’n kommersiële gebeurtenis uitgedink”, (https://edinburgh.universitypressscholarship.com/view/10.3366/edinburgh/9780748628087.001.0001/upso-9780748628087-chapter-2) soos gestel deur John Storey van die Universiteit van Sunderland in Engeland. Storey het verduidelik dat Kersfees teen 1840 waarskynlik ’n produk van die Victoriaanse stedelike middelklas in Brittanje was. Die dag was bedoel om mense se voorspoed na aanleiding van die industriële revolusie te vier, en ook die behoefte te erken dat daardie voorspoed gedeel moes word met diegene vir wie industrialisering en verstedeliking nie ’n ongekwalifiseerde sukses was nie. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.