Klemverskuiwing in die ANC bied hoop vir slimmer keuses

HOU VAS, 2022 GAAN SELFS ROWWER WEES

Klemverskuiwing in die ANC bied hoop vir slimmer keuses

Een ding is seker: Ná nog ’n veeleisende jaar in 2021 gaan 2022 beslis nie vervelig wees nie, skryf HUGO PIENAAR.

’N PAAR insiggewende gebeure sedert die swak vertoning van die ANC in die plaaslike verkiesing in November verskaf enkele aanvanklike leidrade van hoe die party betreffende veral ekonomiese beleid op die verliese gaan reageer. Soos gewoonlik as dit by die ANC kom, is die prentjie nie heeltemal swart of wit nie. Daar is grys gebiede.

Kort op die hakke van die verkiesingsverliese en die daaropvolgende afstaan van beheer (al was dit vantevore as deel van koalisieregerings) oor die belangrike metro’s van Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni, het Statistiek Suid-Afrika bekendgemaak dat die amptelike werkloosheidskoers in die derde kwartaal tot ’n nuwe rekordhoogtepunt van ongeveer 35% gestyg het. As diegene wat moed opgegee het om werk te soek by die syfer getel word, is die werkloosheidskoers selfs heelwat hoër.

Verder het die statistiekdiens vandeesweek bevestig dat die bruto binnelandse produk (BBP) in die derde kwartaal gekrimp het. Dit is ’n groot terugslag vir die ekonomiese herstel van die reuse BBP-daling in die tweede kwartaal van 2020. Die gevolg is dat die oorhoofse vlak van reële ekonomiese aktiwiteit nou 3% minder is as in die vierde kwartaal van 2019 voor die Covid-pandemie. Die agterstand vir indiensneming is veel erger. Slegs 9.6 miljoen Suid-Afrikaners het in die derde kwartaal van 2021 in die formele sektor gewerk. Dit is 1.3 miljoen, of ’n allemintige 15%, minder as die reeds kommerwekkende min 11.3 miljoen mense wat in die vierde kwartaal van 2019 ’n formele werk gehad het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.