Die ‘Attagirl’ van Pretoria wat Spitfires laat dreun het

’N VROU SE PLEK IS IN DIE WOLKE

Die ‘Attagirl’ van Pretoria wat Spitfires laat dreun het

Op 74 jaar het kapt. Jackie Moggridge vir die laaste keer in ’n Spitfire geklim om die Merlin-enjin te laat brul. Dit is die einste vliegtuig wat sy 50 jaar tevore tydens die Tweede Wêreldoorlog met die oog op D-Dag aan die vlieënier gaan besorg het. Op dié dag in 1994 is die vlug herhaal en agterna weer aan dieselfde vlieënier oorhandig. ELSABÉ BRITS het met Moggridge se dogter gesels oor haar ma se besonderse lewe.

JACKIE MOGGRIDGE was een van die helde van die Britse Air Transport Auxiliary (ATA), wat tydens die Tweede Wêreldoorlog vliegtuie van alle soorte van fabrieke en elders gaan aflewer het by die vliegvelde waar dit vir operasionele diens nodig was.

Net 168 vroue was lede van die ATA. As deel  het hulle pligte het hulle  nuwe, herstelde en soms ook beskadigde hinkepink-vliegtuie van die Royal Air Force (RAF) vervoer tussen fabrieke, hersteldienste, lughawens of na die sloopwerf. Hulle motto: “Anywhere to Anywhere.”

Die vroue het die bynaam “Attagirls” gekry en danksy hulle kommandant, Pauline Gowder, die eerste vroue in Brittanje geword wat dieselfde vergoeding as mans ontvang het. Tog was almal nie destyds gelukkig oor die rol wat dié vroue vervul het nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.