Base se vet salarisse sit agter SA se ekonomiese gesukkel

EKONOMIE

Base se vet salarisse sit agter SA se ekonomiese gesukkel

Opgeblase salarisse en lone het die norm geword en Suid-Afrika internasionaal onmededingend gemaak, skryf PALI LEHOHLA en MOELETSI MBEKI.

  • 14 Januarie 2022
  • Vrye Denker
  • 6 min om te lees
  • artikel 8 van 28
  • Pali Lehohla en Moeletsi Mbeki

DIE Future We Chose-scenario's vir die land wat die regering in 2008 opgestel het, het drie potensiële uitkomste teen 2025 opgelewer. Vergeleke met die Memories of the Future-scenarioproses wat sewe jaar tevore onderneem is, het die oefening in 2008 minder optimistiese opsies opgelewer. “Muvhango" was die swakste moontlike uitkoms op die lys. Dit het Suid-Afrika in 'n era waar “jy doen wat jy wil" geprojekteer waar “geld als kan regmaak".

Dis nie verrassend nie dat die uitreiking van die eerste deel van die Zondo-kommissie se verslag die konvensionele uitgangspunt het dat ons ekonomiese probleme die gevolg van die driedubbele aanslag van werkloosheid, ongelykheid en armoede is. Maar dit is van alle waarheid ontbloot; hierdie drie dinge is bloot simptome van 'n veel dieper ekonomiese, maatskaplike en politieke ongesteldheid.

Ons grootste politieke uitdaging is dat ons nie in vandag se wêreld kan meeding nie. Dit lei tot die groter vraag: Kon Suid-Afrika al ooit meeding? As 'n mens dit só stel, is die antwoord 'n duidelike nee. Dit verklaar waarom Suid-Afrikaners dekades lank al produkte koop wat elders deur ander mense gemaak is. Dis omdat ons dit nie kon regkry om soortgelyke produkte te maak wat aantreklik genoeg is vir verbruikers om te koop teen dieselfde of laer pryse nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.