Mosambiek
Volgens die Mosambiek-kenner Joseph Hanlon (https://clubofmozambique.com/news/cabo-delgado-war-expands-as-both-side-grow-stronger-by-joseph-hanlon-221725/) verbeter die Rwandese, Mosambiekse en SAOG-soldate se optrede toenemend en slaag hulle daarin om die guerrillas uitmekaar te jaag. Ironies genoeg veroorsaak dit helaas dat die stryd na ander dele van Cabo Delgado uitbrei en dus tot meer interne vlugtelinge lei, soos vervat in die Verenigde Nasies se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge (VNHKV) se jongste verslag (https://reliefweb.int/report/mozambique/unhcr-mozambique-fact-sheet-june-2022), wat die syfer op byna 950,000 plaas.
Die militêre magte is nie in staat om die distrikte Mocímboa da Praia en Palma veilig te hou nie, en dit vertraag enige kans wat Total het om hul operasies te hervat tot 2023 (op die vroegste). Dit is ’n groterwordende guerrilla-oorlog, met aansienlike gevegte wat voortduur in Macomia en Ancuabe, sowel as Mocímboa da Praia. Nangade, op die grens met Tanzanië, is vir die eerste keer deur die guerrillas aangeval. Tussen 1 Junie en 22 Julie vanjaar was daar gemiddeld twee gevegte per dag met albei kante wat suksesvolle aanvalle op ’n basis van die ander kant rapporteer...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.