HEILIGE GROND
Maria, Vrou van Smarte
Toe die skool gesloop word, moes hulle trek, Modderdam toe, skool, klooster, kinderhuis, vertel ANASTASIA DE VRIES. Wat haar bybly, is hoe hulle die heilige prente en kruisbeelde verwyder het. En toe, jare later, sien sy ’n heilige prent teen die muur by ’n kollega se huis in Stilbaai.
HEILIGE GROND
Maria, Vrou van Smarte
Toe die skool gesloop word, moes hulle trek, Modderdam toe, skool, klooster, kinderhuis, vertel ANASTASIA DE VRIES. Wat haar bybly, is hoe hulle die heilige prente en kruisbeelde verwyder het. En toe, jare later, sien sy ’n heilige prent teen die muur by ’n kollega se huis in Stilbaai.
Deel
STILBAAI, 16 September 2022. Die huis van Vrye Weekblad se Elna van der Merwe. Niks gebeur ooit toevallig nie. Ek sal dit opteken, het ek haar belowe, hierdie dag toe jy gesê het: “Dis jou plek. Jy slaap hier.” Ek het by die kamer ingeloop. My oë het verstok op die heilige prent teen die muur. “Our Lady of Sorrows,” het ek gefluister. Ek het dit herken aan die enkele vinger wat onder haar donker kleed uitsteek, die geboë hoof, die neergeslane oë wat ek my altyd verbeel opgeswel is van smart en ongestorte trane vir haar Seunskind en hierdie wêreld.
Jy’t dit gekoop by sommer so ’n winkeltjie in Parow se Voortrekkerweg, lank terug toe jy nog in Parow-Noord gewoon het, het jy vertel. En toe bring jy haar saam, Stilbaai toe, in dieselfde lelike donker houtraam waarin jy haar gekoop het. Ek het dieselfde prent van Maria, Vrou van Smarte, het ek gesê, net groter, maar ook nog in dieselfde houtraam as waarin ek haar gekry het toe onse skool anderkant Voortrekkerweg in Parow afgebreek is.
Ek sal dit opteken, het ek belowe, dié dag, sommer so ’n dag toe die gedeelde, gelykwaardige geskiedenis van ’n vrou van Parow-Noord en ’n vrou van Ravensmead uit ’n donker houtraam soos ’n mens voor my kom staan het. ’n Onwaarskynlike geskiedenis. Onvoorstelbaar selfs. Die verlede is ons immers almal bekend. Tog bly die verwondering, dat mense oor soveel grense en versperrings en prikkeldraadheinings in einste daai verlede aan mekaar verbind kon word deur iets so eenvoudig soos ’n prent. Onwetend, natuurlik. Onbewustelik...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
’n Plek waar alles wat geskryf staan, waar is
Olga en die Tuin van Getsemane
Oor mense en dinge wat soos vel kom kleef
Soos ’n bybie teen haar bors
Die ooms, ChloraForm en boetstrêps
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.