AS jou kar se enjin beskadig word omdat die verkeerde brandstof ingegooi is, behoort dit nie jou probleem te wees om vir die skade te betaal nie. Maar jy gaan dalk wel moet.
As die petroljoggie die verkeerde brandstof ingooi en nie een van julle twee kom dit agter voordat jy wegtrek nie, gaan jy nie vreeslik ver kom nie. As die kar eers hortend tot stilstand gekom het, gaan jy dit moet laat insleep om die petroltenk leeg te maak en daar gaan dalk enjinherstelwerk nodig wees.
Dit klink logies dat jy nie hiervoor behoort te betaal nie want dit was nie jou fout nie, maar hoewel daar sommige vulstasie-eienaars is wat verantwoordelikheid aanvaar en dadelik betaal, is daar ander wat vasskop. In sommige gevalle is hulle aanvanklik bereid om verantwoordelikheid vir die fout te aanvaar, maar dan minder gewillig om te betaal wanneer die rekeninge begin inrol...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.